top of page
  • Chantlize Nell

ʼn Voorsmakie van matriekafskeid-droomrokke


“Beskryf hoe jou droom-matriekafskeidrok lyk.”



Tamryn Arter (gr.12)




“My droomrok is die tipe rok wat ‘n mens na ‘n Met-Gala toe sal dra. Dit moet my verteenwoordig, my smaak wees en my styl pas. Ek sien myself beslis in ‘n elegante rok met statiese kleure wat glinster.”








Abigael Barnard (gr.12)







“My droomrok is my persoonlikheid op materiaal – ʼn mengelmoes van kleure en baie sag en fyn. Almal sal maar moet wag om te sien!”












Elizabeth Krüger (gr.12)




“Dit is 'n mengsel tussen Barbie en Marilyn Monroe se pienk rok in Gentlemen prefer blonds.”










Kirsma Kloppers (gr.12)






“My droomrok het helder kleure, soos donkerblou en oranje, wat nogsteeds neutraal lyk. Ek wil selfversekerd voel in my rok, daarom het dit ‘n los vloeiende romp met ‘n spleet.”











Margitte Kirstein (gr. 12)






“My droomrok is ʼn feëtjie-rok. Ek wil 'n pastel kleur rok hê wat my soos 'n prinses laat voel. En 'n bietjie glinster sal ook nie skade doen nie!”










Ezaan Husselman (gr.12)






“My rok is lank, vloeiend en eenvoudig met natuurlike en gedempte kleure. Dit sal defnitief iets moet wees wat my komplimenteer.”










Alicia Malherber (gr.12)






“My droomrok moet iets anders wees op die oog. Ek is mal oor glitter en verskeie kleure. Dit moet beslis ‘n rok wees wat niemand al gesien het nie en wat niemand sal vergeet nie.”









Anke van der Merwe (gr.12)







“My droomrok is rooi. Baie, baie cliché, maar ek is lief vir die kleur en rooi rokke is altyd ikonies. Ek dink my droom rok gaan definitief vloeiend, elegant en deftig afgerond wees met ‘n sleep en spleet.”

Related Posts

See All
bottom of page