ʼn Pragtuiste vir leer in Afrikaans
- Redaksie
- Aug 4, 2025
- 1 min read

Helpmekaar se hoofgebou, met sy ikoniese toring het in 1925 die skool se nuwe tuiste geword. Dié gebou, ontwerp deur J.S. Cleland, hoofargitek van die Unie se departement van openbare werke, se boustyl is eie aan die regeringsgeboue wat in dié tyd in Engeland en sy kolonies verrys het – ʼn vermenging van die neo-klassieke en moderne boustyle. Die hoeksteen is deur genl. J.B.M. Hertog, destydse eerste minister, gelê. Die hoofgebou is in 1988 tot historiese baken verklaar.




Comments