top of page
  • Elzette Labuschagne

Wat om te verwag van mode in 2023

Rokke gepaar met denim broeke, platformsandale, oorgroot denim baadjies en bonkige belde vir elke uitrusting: Die 2000's is terug – en dit word Y2k genoem. Mode werk in 'n siklus waar nuwe neigings kom en gaan en dit blyk asof ons style herhaal wat jare gelede trending was. Die 90's-mode wat oral te siene was, het nou 'n terugkeer gemaak. Y2k roep terug na van hierdie grootste neigings van die laat 90's en vroeë 2000's, of jy nou daarvan hou of nie. Hier is twee 2000's trends wat waarskynlik groot sal wees in 2023.




"Dit is nie 'n ‘bag’ nie, dis 'n baguette," is een van Sarah Jessica Parker se mees ikoniese aanhalings as Carrie Bradshaw in die trefferreeks, Sex and the City. Dit is geen verrassing dat dié bekende baguette-sak 'n terugkeer maak nie. Dit was grootliks beskou as een van die oorspronklike 'dit'-sakke te danke aan Carrie wat dié skouersak as een van haar gunstelingbykomstighede gekies het. Of jy nou belangstel in 'n aankoop wat 'n leeftyd sal hou of op soek is na 'n retro-styl skouersak, die slanke, swart baguette-sak is een van die beste bykomstighede om hierdie jaar te kry. Dit is die perfekte keuse vir enige iemand wat 'n mini-sak wil hê, maar meer as net lipstiffie en ‘n kredietkaart daarin wil ronddra. Die baguette is só gewild omdat dit in elke vorm, grootte en kleur kom. Dit is veelsydig, klassiek en moeiteloos sjiek. Integreer dit in jou alledaagse uitrustings vir 'n spatsel oulikheid.





Die beeld van Britney Spears flits beslis voor jou oë as jy dink aan low-rise jeans. Millenniërs is doodbang vir die terugkeer van lae jeans, maar wat as dit hierdie keer egter anders lyk? Destyds is dit ontwerp om jou abs af te wys, maar deesdae is lae jeans ‘n bietjie meer gemaklik. Bella Hadid en meeste jongmense in plekke soos Manhattan-middestad verskyn al meer in hierdie kwaadaardige item van 2000’s mode. Tieners wat mal is oor hierdie voorkoms koop dikwels net oorgroot jeans en laat dit van hul heupe af hang. Alexia Elkaim, stigter van die Los Angeles-modehandelsmerk, Miaou, sê: "Ek is mal oor laag en sakkerig. Dit is sexy, maar die sakkerigheid balanseer dit uit." Daar is beslis nog hoop dat hierdie neiging die mode van 2023 kan verhef.





Ja, geskiedenis herhaal weereens homself. Hierdie mode tendense kom en gaan en kom weer, maar in die wyse woorde van Yves Saint Laurent: "Mode vervaag, maar styl is verewig." So maak seker jy dra jou low rise jeans met jou gunstellingbaguette-sak oor jou skouer as jy weer uitgaan...

Related Posts

See All
bottom of page