Sport in kort: Baanbrekers op die basketbalbaan
- Carien van Krieken
- Apr 10, 2025
- 1 min read

Helpmekaar Kollege is die enigste Afrikaanse skool in Johannesburg wat aan die basketballiga deelneem.
Die seisoen het met ’n knal afgeskop waar deursettingsvermoë en spanwerk ’n baie groot rol gespeel het! Hoewel nie een van die spanne deel vorm van ʼn liga nie, was beide seuns- en meisiespanne steeds baanbrekers op die baan.
Die meisies se eerstespan het nie teruggehou nie en het in die seisoen 13 wedstryde gespeel. Alhoewel nie elke wedstryd geëindig het met ʼn wen nie, sê Leonie du Preez (gr.11) “Al was dit ʼn moeilike seisoen, het die span en ons liefde vir die sport elke verloor, elke wen en besering die moeite werd gemaak.”
Die seuns se eerstespan het baie goed gevaar, waar hulle vier van die ses wedstryde gewen het. Keegan Senekal (gr.12) geniet dit om deel te neem: “Wat ek die meeste van basketbal geniet is om saam met my vriende die sport te beoefen. Omdat dit nog ʼn nuwe sport is dit opwindend om die ontwikkeling en groei daarvan te sien.”
Hierdie spansport leer mens hoe om jou spanlede te ondersteun en in moeilike tye steeds deur te druk tot op die einde en elke oefening en wedstryd te laat tel.



Comments