top of page
  • Simonne van der Vyver

Opsommings en notas: steeds effektiewe studiemetodes

Opsommings maak en notas neem blyk steeds effektiewe studiemetodes te wees wat kan lei tot akademiese sukses.

Volgens Oxford Royal Academy se artikel, How to take revision notes is die doel van opsommings en notas dat dit die hoofkonsepte omskryf en dit vra om jou geheue uit te stoot so dat jy in staat is om op idees uit te brei in die eksamen.

Die vraag is egter: hoe maak mens notas en opsommings wat effektief is?

Hier is ʼn paar aanwysers wat kan help om effektiewe notas en opsommings te maak.


1) Maak notas van dit wat jy in die klas geleer het:

Herhaling is een van die beste maniere om iets te onthou. Een van die eerste goed wat jy moet doen as jy jou notas en opsommings maak, is om terug te gaan na die notas en inligting wat jy in die klas geleer het en skryf dit dan neer op ʼn meer bondige manier. Hierdie sal jou geheue verfris en dit verhoog die kanse dat jy alles sal onthou wat jy moet weet in die eksamen.


2) Hou jou notas bymekaar deur dit in dieselfde lêer of dokument te sit:

Niks is erger as om na jou akademiese periode deur ou notaboeke deur te sif vir spesifieke inligting nie. Dus is dit baie meer effektief as notas, opsommings en waardevolle inligting in een dokument/ lêer gehou word.


3) Hou jou notas gestruktureerd:

ʼn Goeie sisteem om te gebruik vir gestruktureerde notas is die Cornell-sisteem. Cornell-notas maak dit makliker om na ʼn spesifieke onderwerp te verwys en dit gee jou ook die spasie om te kan notas vrae, waar jy hierdie idees in die hoofafdeling meer kan uit brei. Die notas is net so effektief soos kaartjies wat jy gebruik vir jou toesprake. (Lees meer by Studiegids (cvodankbaar.co.za))



Bronne:




Related Posts

See All
bottom of page