top of page

Hoe om jou leefstyl te verander na 'n gesonder jy

  • Redaksie
  • Feb 17
  • 2 min read

Nuwe jaar, nuwe jy! Makliker gesê as gedaan. . Harvard Health beweer dat ʼn  gesonde leefstyl bydra tot meer breinkrag en fokus vir leerders in die klaskamer en is ook voordelig tot leerders se algehele welstand. Dit is dus 'n moet vir die Helpies om 'n gesonde leefwyse te kweek. Carien van Krieken en Robin Steenkamp het wenke vir die bevordering van 'n gesonde leefwyse.


Hier is wenke om jou leefstyl te verbeter vir ʼn  gesonde welstand:

1.    Beplan en organiseer die naweek voor ’n besige skoolweek, om te verseker dat jou kosblik al die boksies afmerk van ʼn  gesonde leefstyl.

2.    Gesonde kos is nie altyd vervelig nie. So, los die grondboontjiebottertoebroodjies en maak ʼn  kleurvolle, maaltyd wat vullend is bv. ʼn  pasta- en hoenderslaai.

3.    Skaf gerus ʼn  resepteboek aan om ʼn  goeie idee te kry van dit wat jy wil hê, of gebruik sosiale media om jou geurige kosblik ʼn realiteit te maak.

4.    Aan die einde van ʼn  lang skooldag kom die lus van ʼn  soet peuselhappie voor. Eerder as om dadelik na die sjokolade te gryp, oorweeg ʼn  gesonder opsie soos ʼn soet, sappige vrug, wat ander vitamine-voordele inhou.

5.    Om na jouself te kyk, gaan ook daaroor om aktief te wees, soos om met jou hond om die blok te stap of ʼn  nuwe sport aan te pak.


“Ek dink om gesond te wees in terme van dieet, oefening en geloof is die sleutel is tot ʼn gelukkiger lewe. ʼn Gesonde liggaam en verstand kan spanning en druk makliker hanteer, jou beter laat fokus by die skool en so sal jy tyd en krag hê vir die dinge wat jou werklik gelukkig maak,” sê Mia Boshoff (gr.11), ʼn raakvatter op die atletiekveld sowel as agter die boeke.


Maak seker dat jy in 2025 al jou doelwitte te bereik, want elke dag het jy die geleentheid om te verbeter en jou droom leefwyse na te streef.






 
 
 

Comments


©2021 Helpmekaar. Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page