top of page

Cheerleaders met spiere én slim: ʼn Ware wenresep

  • Mia Ainslie
  • Nov 16
  • 2 min read
Durf en daad: Geen plek vir stereotipes nie. Foto: Christi Lourens.
Durf en daad: Geen plek vir stereotipes nie. Foto: Christi Lourens.

Die Amerikaans cheer-flieks het vir die wêreld ʼn stereotipiese prentjie van cheerleaders geverf. Hulle is oor die jare uitgebeeld as blonde poppies met geen ware atletiese talent nie. Die Helpmekaar cheer-span kry dit egter reg om die narratief te verander, skryf Mia Ainslie.


As ‘n flyer moet ek baie sterk kernspiere hê en goeie balans,” vertel Nina Beetge (gr. 11). Caelee van der Walt (gr. 10), ‘n Helpie-base sê weer: “Al die druk is op jou. Jy moet ‘n hele mens kan ophou.”


Cheerleaders benodig duidelik meer as ‘n oulike rokkie. Die cheer-afrigter, Desmari Erasmus, vertel: “’n Roetine is twee en ‘n half minute lank sonder enige ruskans.”


Hierdie roetine kan ook jou hart behoorlik ophol jaag. Cheerleaders stamp soms – soos enige kontaksport – mekaar en daar was al verskeie gebreekte neuse en selfs draadjies onder die cheer-meisies.


Cheerleaders is nie net as fopatlete oor die jare geklassifiseer nie, maar verkry ook die titel van dom blondine. Janike Meintjies (gr. 9-flyer) sê dat sy die bangste is om te val as die bases hulle hande skuif. Die bases moet mooi met die flyers kommunikeer en die flyers moet konstant fokus om nie balans te verloor nie. Nie sommer enige leë koppie kan hierdie take voltooi nie. Helpmekaar se uitstekende cheer-roetines is nie die werk van sommer enige onnosele nie – iets wat Desmari as ʼn CA en finansiële hoof bewys. ʼn cheer-span benodig vir seker veel meer as ‘n bietjie sprankel om te presteer.


Helpmekaar se cheerleaders herdefinieer die stereotipes en bewys dat hulle meer as ‘n glimlag nodig gehad het om met die trofee as beste cheergroep by die Nasionale Kampioenskappe weg te loop, maar hulle moet beide die brains en brawn benut.



Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page