top of page
  • Aldoné Kok

ChatGPT: Vriend of vyand?

ChatGPT is kunsmatige intelligensie wat deur OpenAI in November 2022 bekend

gestel is. 


ChatGPT het die hele wêreld aan die gons. Hierdie term het so vinnig deel van die

alledaagse lewe geword, maar ons vind nog ons pad in hierdie nuwe wonderwêreld.

Volgens die artikel, ChatGPT: ʼn Kletsbot wat jou stomslaan op afrikaans.com se

webtuiste van 15 Maart 2023 word daar verduidelik dat ChatGPT ʼn taalmodel is wat

kennis stoor wat dan later op verskillende, maar verwante probleme toegepas kan

word. Wanneer die gebruiker reeds sy e-posadres op die OpenAI-webtuiste ingevul

het, kan daar enige vrae aan die kletsbot gevra word en binne sekondes sal ń

weldeurdagte en gedetailleerde antwoord verskyn. 


Alhoewel kunsmatige intelligensie 2023 oorgeneem het en almal aan die gons het, is dit belangrik om te onthou dat dié soort tegnologie nie so foutloos is soos wat dit op die oog af lyk nie. Daar is reeds berig oor feitlike foute wat deur ChatGPT begaan is en hierdie word deur ChatGPT self beaam wat erken dat die platform nie perfek is

nie en dit is belangrik om nie die gegewe antwoord as wet te neem sonder enige

verdere navorsing nie. 


ChatGPT is wel ʼn helpende hand vir mense regoor die wêreld, insluitende die

Helpies, en alhoewel kunsmatige intelligensie nie uit die aard van die saak sleg is

nie, is dit belangrik om die platform verantwoordelik te gebruik. Dr. Celia Booyse,

bestuurder van programontwikkeling en gehalteversekering by Akademia verduidelik

in die artikel Só benut jy ChatGPT tot jou voordeel op Maroela Media se webwerf

van 5 April 2023 hoe ChatGPT voordelig is vir studente regoor die wêreld. “Wanneer

enige vorm van kunsmatige intelligensie as bondgenoot beskou word, kan dit baie

voordelig wees. Dit is ń baie goeie element om in onderrig in te bring om vir leerders

foute uit te wys of met bronverwysing te help. Daar is soveel fasette waarin ChatGPT

kan help. Dis net belangrik om ChatGPT as hulpmiddel te gebruik om jou eie werk te

verbeter of om jou kreatiwiteit ʼn hupstootjie te gee.”




Related Posts

See All
bottom of page