top of page
Carien van Krieken

Boekeblad:

ʼn Huis vir Nadia

Dalene Matthee

Resensent: Carien van Krieken


ʼn Huis vir Nadia, vat die leser op ʼn fassinerende, emosionele en spanningsvolle reis. Nadia Hamman, ʼn sterk, hardwerkende en teruggetrokke meisie wat saam met haar jonger boetie, Kella deur die welsyn versorg moes word omdat hulle ma haar probleme wou wegdrink, is die protagonis.


Die verhaal begin met Nadia wat haarself op ʼn baie klein dorpie, Dalmanskraal vestig en by die bank begin werk. Nadia het gedink Kella bly agter in Johannesburg om sy matriek klaar te skryf, maar Kella hou hom met verkeerde goed besig. Op die klein dorpie is almal baie nuuskiering oor haar verlede. Van tant Poppie, die eienaar van die losieshuis, waar Nadia bly, tot die kassier van die bank, Lars Reitz wat saam met Nadia werk. Tot Nadia se verbasing vind sy vir Rex de Waal. Rex kom van ʼn ryk en standvastige boerefamilie. Nadia is baie skepties om betrokke te raak, tog stap Rex en Nadia ‘n komplekse liefdespad saam. Nadia moet kies tussen haarverlede, en teruggaan na Kella toe, of ‘n nuwe toekoms saam met Rex.


n Huis vir Nadia raak aan verskeie temas soos identiteit, familie en liefde. Die roman gee die leser ‘n boodskap van hoop, volharding en die krag van vergifnis.

Comments


bottom of page