top of page
  • Leah Vivier & Elizabeth Kruger

B&B-modelle vertel van hulle magic-ervaringe tydens 2023-Beauty and the Beast


Foto's: Karla van der Westhuysen

Die paddas en prinsesse; die dwergies en feë; die seuns en skoonhede – modelle se name is soos ’n haas uit ’n hoed gestrek by aantree om die afwagting van wíé die uitverkorenes is, te verbreek. Net soos wanneer dié weerloses die aand van Beauty and the Beast ondervra is met lukrake, angswekkende vrae wat uit die bekende swart kopstuk kom. Alhoewel dit ’n mens aan Houdini-towerkuns herinner, lê die werklike magic by ons geliefkoosde modelle en die B&B-aand.



Hoe was die aand magical vir jou?


·Zonika De Vries (graad 12): Ek is so onkant gevang en diep getref deur ʼn onverwagse wen, van die Beauty-titel van 2023, dat dit skoon soos magic gevoel het en my eintlik nou steeds verbaas.


·Liam Parsons (graad 12): Dit was magical om te sien hoe almal mekaar ondersteun het deur die aand.


·Elle Theron (graad 12): Omdat ek die geleentheid gekry het om vir ’n tweede keer deel te neem, kon ek dit net soveel meer geniet. Ek kon die klein moments soveel meer waardeer. Dis in die klein goed waarin ek die magic gevind het.


·Pieter Möller (graad 11): Die feit dat ons so hard geoefen het aan die danse, net om dit een keer op te voer, was baie druk. In die oomblik het dit wel gevoel asof niks verkeerd kan gaan nie. Dit is aan die gehoor te danke wat mens soos The Man laat voel en jou selfvertroue ’n hupstoot gegee het (veral met die formele-loop). Die gehoor was die magic, wat magic op die verhoog laat gebeur het.


·Alicia Malherbe (graad 12): Om buite my gemaksone te wees en nouer bande met my mededeelnemers te kon vorm, was magical.


·Michael Benzien (graad 11): Vir my was die aand nie net magical oor die algehele ervaring nie, maar ook oor hoe die deelnemers hulself kon uitdruk en die aand geniet.


·Mckayla Roesch (graad 11): Die manier waarop almal jou ondersteun en gedra het deur die vertoning was net iets vanuit ’n sprokie – magic.


·Arno Brückner (graad 12): Met so ’n aangeleenthede, word ’n mengelmoes van mense, wat mekaar nie altyd ken nie, bymekaargebring en dít verseker nuwe vriendskappe. Die gedeelde ervaring met nuwe vriende is dan soos magic.


Foto’s: Karla van der Westhuysen

Hoe het jy die ondervragingsessie beleef?


·Zonika de Vries (graad 12): Ek dink, en ek kan vir almal praat as ek sê, die ondervraging was die stresvolste deel van die aand. Ek het gedink aan die selfvertroue en selfversekerdheid van klein Zonika, wat my gerusstelling in en inspirasie vir my antwoord gegee het, toe ek my vraag ontvang.


·Liam Parsons (graad 12): Ek het gevoel asof ek drie jaar oud was en my boetie my geteister het met spinnekoppe (ek hou nie van spinnekoppe nie) – benoud.


·Elle Theron (graad 12): Persoonlik, was dit een van die onsekerste oomblikke van my lewe. Dit is soos wanneer jy in graad 2 ’n rympie voor in die klas moet sê, maar jy het die woorde vergeet – tog soveel meer nerve wrecking.


·Pieter Möller (graad 11): Dit was soos daardie gevoel wanneer jou juffrou vir jou ’n vraag vra en die hele klas se aandag op jou en wat jou antwoord gaan wees, gerig is. Behalwe, daar was baie meer oë, wat die druk meer maak. Óf dit is soos wanneer jy vir die eerste keer wiskunde saam met jou pa doen – hy vra vrae en kyk met afwagting na jou terwyl jy geen idee het wat aangaan nie.


·Alicia Malherbe (graad 12): As ek dink aan my ervarings as kind, het die aand my herinner aan my jonger self wat Gold Reef City besoek. Daar was opgewondenheid oor die rit wat voorlê, maar terselfdertyd, ’n angstigheid binne my. Gold Reef City is altyd vol pret en genot en so was Beauty and the Beast ook.


·Michael Benzien (graad 11): Dit was dieselfde gevoel as wanneer jou ma jou met jou hande in die koekieblik betrap en niks wat jy op daardie oomblik kan sê, gaan sin maak nie!


·Mckayla Roesch (graad 11): Die ondervraging was spanningsvol, maar dit was net ʼn klein aspek van die hele aand. Die ondervraging was soos ʼn roomys wat begin smelt – lek of laat dit drup ... sê iets sinvol of moenie.


·Arno Brückner (graad 12): Ek kan geen korrelasie maak tussen my grootword-jare en vandag nie, omdat ek nie regtig selfvertroue tóé gehad het nie, maar ek kan erken dat ek baie gegroei het sedertdien. Selfvertroue het my deur die ondervraging gedra.


Related Posts

See All
bottom of page