Afrikaans vier ʼn 100 jaar as amptelike taal
- Gian Britz
- Apr 30
- 1 min read

Op 8 Mei 1925 is Afrikaans as ʼn amptelike taal van Suid-Afrika erken. Afrikaans is een van Suid-Afrika se 11 formele tale en deel van 34 tale wat in die land gepraat word. Afrikaans is tans die derde jongste Germaanse taal wat internasionaal amptelike status geniet. Vanaf Die Sprokie van 'n Goudvis, wat die eerste gepubliseerde Afrikaanse boek was, tot Fees van die Ongenooides het ons taal inderdaad vêr gekom. Afrikaans is tot woordkuns verhef deur digters. Antjie Krog en Ingrid Jonker het dit uitgeleef en passievol hulle lewenslesse uitgebeeld deur pragtige poësie in digbundels te publiseer.
Afrikaans is nie net ʼn taal nie, maar deel van ons menswees. Meeste Afrikaanssprekendes beskou Afrikaans as ʼn belangrike deel van hul kulturele identiteit. Die uitnemende Afrikaanse media speel ʼn groot rol in die behoud en uitbou van die taal, soos bv. “Die Burger" en "Sarie” is maar net voorbeelde van ʼn wêreld van kreatiwiteit wat wag sodra mens dit uitleef. TV programme soos bv. Voetspore, Noot vir Noot en Binnelanders is wat Afrikaanse gesinne se kinders vermaak en opvoed.
Afrikaans is werklik meer as net ʼn taal, dit is ʼn trotse kultuur. Die laatlam is die vetlam, Afrikaans is nie ʼn ou taal nie, maar definitief ʼn diverse en humoristiese een.
Comments