top of page

Wen die stryd teen te min tyd

  • Mia Ainslie
  • Mar 1
  • 2 min read


Voel jy oorweldig en sukkel jy met tydbestuur? Ons kan almal doen met ʼn bietjie beter tydsbestuur.

 

Van uitstel kom afstel

Ons almal weet hoe besig die skool se ontvangs kan raak en wie al die chaos moet uitsorteer – tannie Gerda! Haar raad om ons werkslading te bestuur: “Begin betyds!” Ons plaas onsself onder onnodige druk wanneer ons die aand voor ons, ons boekverslag moet inhandig, rondskarrel op soek na ’n boek om te lees. Daar is ʼn rede waarom ons die opdrag twee maande voor die tyd kry – gebruik die volle tyd vir jou werk!

 

Sit dit af, sit dit af!

C.S. Lewis se wenk aan ʼn jong meisie was: “Sit af die radio”.  Vandag geld dieselfde vir ons as ons produktief wil wees: bêre die airpods, sit jou foon op silent en ignoreer jou WhatsApps. Klanke onderbreek ons konsentrasie en maak ons stadiger. Sonder onderbrekings sal jy jou wiskunde-huiswerk in 30 minute klaarmaak, in plaas van ʼn uur.

 

“If you scroll, you stroll.” 

Ek het by 2024 se onderhoofmeisie van kultuur, Carla Klingbiel, gaan aanklop om te hoor hoe sy 36 uur se aktiwiteite in 24 uur ingepas het. Haar raad: Beperk sosiale media. Ons almal weet hoe maklik dit is om net gou-gou iets op Instagram te kyk, maar as jy weer sien, is jy ʼn uur later steeds besig met die oneindige doomscrolling. Carla vertel hoe sy haar tyd op sosiale media beperk het deur ná drie video’s te gaan stap. In haar woorde: “If you scroll, you stroll.”





·        Moenie op die bus jou huiswerk doen nie – dit raas en jy gaan jou werk later moet oor doen.

·        Ongewilde opinie – let op in die klas. Nie net sal jy minder raas kry nie, maar jy maak ook jou studietyd by die huis korter.

·        Leer om nee te sê – daar is net 24 uur in ʼn dag.

·        Gebruik jou dagboek – die oggend se afkondigings kan nogal baie raak.

·        Multitask – borsel jou tande terwyl jy jou boodskappe antwoord, leer jou toespraak in die stort en vang op met jou vriende terwyl jy sportveld toe stap.



Comments


©2021 Helpmekaar. Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page