top of page
  • Chantlize Nell

Vox Pop: “Wat maak produksie vir jou ’n waardevolle belewenis?”


Zia van den Berg (Gr. 11) “Produksie gee altyd vir ’n mens die gevoel van opwinding en gees.”

Vaughan Gouws (Gr. 11) “Produksie vir my is ’n reis van herinneringe wat ek vir altyd naby aan my hart sal hou. Dit is deel van Helpmekaar se tradisies en leer vir my dat harde werk die wen-resep vir sukses is.”

Helen Wilson (Gr. 11) “Om tussen die danse met jou vriende te kuier en om net ’n lekker tyd te hê.”

Helen Wilson (Gr. 11) “Om tussen die danse met jou vriende te kuier en om net ’n lekker tyd te hê.”

Simoné Brits (Gr. 12) “Die gees en die belewenis om deel te wees daarvan is onbeskryflik. Veral wanneer almal sing uit volle bors en saam kom. Geen bekommernisse maak dan meer saak nie.”

Estean Bruijns (Gr. 12) “Produksie leer vir my nuwe dans passies wat ek by die volgende lentebal kan gooi. Dit gee vir my tyd wat ek saam met my vriende kan spandeer.”

Renko Nell (Gr. 10) “ ’n Mens hoef nie goed te dans om pret saam met jou vriende te hê nie.”

Ulrich van der Merwe (gr.10) “Om nuwe mense te leerken en verhoudinge te bou. Dit is ook baie lekker om saam met die mooiste meisie te kan dans.”

Comments


bottom of page