top of page
  • helpieflitse9

Taalonnies vertel: Was ek maar 'n skrywer

Taalonnies se kos is die skeppende woordkuns van ander, maar wat sou Helpmekaar-taalonnies graag sélf wou skryf?


Mnr. Werner Smit Harry Potter and the Half-Blood Prince (J.K. Rowling) Om 'n reeks boeke te skryf wat almal ken en bespreek, is my droom. Om die boeke in 80 tale vertaal te hê, maak die taalliefhebber in my baie bly en die droom nóg beter. En hoekom HalfBlood Prince en nie een van die ander nie? Want dit is die beste een, natuurlik. Me. Talitha van Buren Handboek van die Afrikaanse Taal Wat is in ʼn woord? Dat soveel emosie en ervaring in ʼn paar letters vervat kan word, gespreek kan word en deur ander verstaan kan word, is fantasties! As ek ʼn boek kon skryf sou ek graag wou saamskryf aan die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Ek sou neologismes wil skep sodat ons minder anglisismes en leenwoorde hoef te gebruik. Taal = transformasie. Me. Tania van Deventer Ek sou graag gedigte wou skryf – soos die van Adrian Henri en vele ander, wat gaan oor gewone dinge en mense maar waar woorde wêrelde se betekenis het. Waar dit jou vorm en jou gedagtes slyp.



Links bo: Me. Talitha van Buren Regs bo: Me. Jana Botha


Me. Linda Peacock Voorouer. Pelgrim. Berg (Ingrid Winterbach) Ek hou van reis en in hierdie teks is daar ook spirituele en inwaartse reise eerder as beweging deur die ruimte - 'n woordskildery van 'n roman. Me. Jana Botha The Magic Faraway Tree (Enid Blyton) As kind het hierdie boek my weggevoer na 'n fantasiewêreld soos min.



Dit is my eerste herinnering van 'n boek wat ek nie kon neersit nie en net meer en meer van wou hê!

Me. Monique du Toit Kanaän (Sophia Kapp) Die tema is besonders en relevant: Liefde glo alles, hoop alles en verdra alles, maar dit vra ook soms 'n prys wat mens nie kan betaal nie. Dit is 'n historiese roman: vooroordele gegrond op ras en geloof word in hierdie roman beklemtoon sowel as die pyn wat mense mekaar kan aandoen, maar ook die wonderwerk van goedheid wat genesing kan bring.

Related Posts

See All
bottom of page