top of page
  • Ingrid Holm

Resensie: "Outer Banks" seisoen 3

Outer Banks (Netflix) – seisoen 3

Met Chase Stokes, Madelyn Cline, Madison Bailey, Jonathan Daviss

Regisseur: Jonas Pate

4/5


Outer Banks is regisseur Jonas Pate se weergawe van ʼn grootword-reeks, waar hy

tienerwees meng met flambojante avonture en skattejagte. Na amper ʼn jaar van

uithou, is die derde seisoen uiteindelik in Februarie uitgereik.

Die reeks volg ʼn groep van sogenaamde “Pogue”-tieners wat op die buitewyke van

hul eiland leef en vasberade is om uit te vind wat met hul voorloper John B, se

vermiste pa gebeur het.


Langs die pad ontbloot hulle ongelooflike geheime, beland

hulle in belaglike situasies en begin ʼn soektog na ʼn ou, legendariese skat.

Die storie bly deurentyd interessant met elemente van humor sowel as ernstige

momente. Die musiek waarmee tonele deurweef word trek die aandag, sowel as die

asemrowende agtergrond van strande, see en sonsondergange.


Alhoewel hierdie reeks meer op tieners gemik is, kan ek dit verseker steeds

aanbeveel vir enige kyker (jonk of oud). Mens word deurentyd weer herinner aan die

waarde van vriendskappe, die gevoel van eerste liefde en selfs die frustrasies en

ergernis van om groot te word. Die reeks is relevant op enige persoon wat al ooit

nagedink het oor sy toekoms en wat dit inhou. Selfs al is dit net om soos John B te

besluit: “Our mission this summer is to have a good time, all the time.”

Related Posts

See All
bottom of page