top of page
  • Kayla Wolfaardt

Pak jou goed en trek!

Om jou hele lewe letterlik in bokse op te pak en alles wat jy ken agter te laat kan nie maklik wees nie. Vir sommige Helpies is dit egter 'n realiteit. Hulle het die skool verlaat vir ander lande en onbekende avonture. Kayla Wolfaardt het met drie Helpies gesels wat oorsee verhuis het. 

 

 Kara Vorster (gr. 10) woon vir die afgelope 19 maande in Amersfoort, Nederland. Sy en haar gesin het aan die einde van haar graad 8 jaar geëmigreer. Op die vraag wat sy die meeste mis antwoord Kara: "Mense wat soos ek dink en my taal praat. Die berge en die diversiteit. En Helpmekaar, ek mis Helpmekaar! Aanpassing is steeds moeilik en vat langer as wat mense dink,” vertel Kara per e-pos. Kara se grootse aanpassing was om te leer om in Nederlands skool te gaan. Kara verlang steeds, maar die Suid Afrikaanse winkel met sy biltong en beskuit maak die leë gat in haar hart (en maag!) ʼn bietjie kleiner.

 




Wijon Fritz (gr. 10) bly die afgelope paar maande in Houston, Texas. Wijon het natuurlik die meeste uitgesien na geen beurtkrag nie! "Afrikaans mis ek, maar dit is nogal lekker om Afrikaans in die publiek te praat en niemand het 'n idee wat ek sê nie," vertel Wijon. Hy sê één ding wat Amerikaners by Suid-Afrikaners kan leer is om hard te werk. "Die ‘opportunities’ hier is veel meer as in SA, hulle gee vir die persoon wat die werk die beste kan doen die werk, maar hulle is ook baie lui, en ek dink dat hulle moet leer hoe om hard te werk."

 



 


Carla Kwakernaak (gr. 10) emigreer in Augustus met haar gesin na Australië. Carla dink haar grooste uitdaging gaan wees om slegs in Engels met haar vriende te moet kommunikeer. Op die vraag wat sy die meeste van Helpmekaar Kollege gaan mis antwoord sy: "Ek gaan beslis die gees en tradisies die meeste mis." Sy is nie té bekommerd om oor te skakel na die Engelse skoolsisteem nie aangesien HMK al in verskeie vakke die opsies gee om dit in Engels te kan beantwoord, soos IGO.






Indien jy dalk self eendag gaan emigreer is die raad van dié oud-Helpies om die toekoms met albei hande aan te gryp. Jy begin dalk van voor af, maar dit gee jou die geleentheid om jouself te omskep in ʼn beter weergawe van jouself!

 

Related Posts

See All
bottom of page