top of page
  • Alexi Davel

Oudleerder skryf frustrasies los

ʼn Gedig van Saul-Marco, ʼn oud-Helpie wat in 2020 gematrikuleer het, verskyn in die jongste uitgawe van Penseel, die jaarlikse publikasie van die Vereniging vir Afrikaansstudente aan die Universiteit Stellenbosch. Alexi Davel wou by die BA Geestewetenskappe-student weet:

 

Het jy nog altyd daarvan gehou om te skryf?

 

Ja en nee, ek het eers in my Graad 11 jaar regtig begin skryf om maar net my frustrasies oor die lewe op pen en papier te sit. Toevallig genoeg was my eerste gedig oor Helpmekaar.

 

Wat het jou geïnspireer om jou gedig “Die idee van depressie en geloof” te skryf en te publiseer in Penseel?

 

Geloof en depressie is altyd onderwerpe wat taboe is, of te persoonlik is om oor te praat maar dis twee temas wat ons almal beleef en mee worstel, een of ander tyd in ons lewens. Ek wou die stigma breuk, veral in Stellenbosch omdat baie kerke voorgee oor wat hulle preek en wat die ideale Christen moet wees.

 

Waaroor handel jou gedigte gewoonlik?

 

My skryfstyl is hoe ek praat en oor onderwerpe wat enige jongmens eventueel ervaar in hulle lewens. Die woorde is my gedagtes, my gevoelens, my pyn, my plesier en my opinie.

 

Sal jy enige iets op jou eie publiseer?

 

Ek is tans besig om te werk aan my eie digbundel met die naam Student e-Briewe wat ek graag aan die einde van 2025 wil publiseer.

 


ʼn Kort uittreksel uit “die idee van depressie en geloof”:

 

dis mos hoe ons die gospel versprei

nie deur gesprekke nie maar met

events wat almal repost op hulle stories

om vir die wêreld te wys

"Kyk julle, kyk hoe gelowig is ek.”

 

 

 

Comments


bottom of page