top of page

Op ʼn missie in die Maldives

  • Writer: Leonie du Preez
    Leonie du Preez
  • Nov 6, 2025
  • 2 min read
Me. Mariaan Bosman en mnr. Morné Oosthuizen saam met die vyf Helpies wat in Augustus op 'n uitreik was. Foto: Verskaf.
Me. Mariaan Bosman en mnr. Morné Oosthuizen saam met die vyf Helpies wat in Augustus op 'n uitreik was. Foto: Verskaf.

Wat gebeur wanneer n groep Christene besluit om ‘n sprong van geloof te neem en ‘n uitreik 5956km van Helpmekaar af aanpak? Impakvolle gesprekke, wonderwerke en onvergeetbare herinneringe.


In die Maldives, is dit teen die wet om enige ander geloof behalwe Islam te beoefen. Ons doel was om die woord van God aan hulle te openbaar en die Maldivians bloot te stel aan die Christelike geloof. Saam met my op die uitreik was: Denike Borman (gr. 11), Deoné Mouton (gr. 11), Carla Pienaar (gr. 11), Esti Kotzé (gr. 10) en Helpie-onderwysers, mnr. Morné Oosthuizen en me. Mariaan Bosman.


Op die 4de Augustus het ons in Maafushi geland. Die drie dae hier is gevul met geselsies met plaaslike inwoners. Daar het ons ‘n Christen ontmoet wat vir die eerste keer oor sy geloof kon praat. Ons het daardie Donderdag na die eiland Ukulhas gereis, waar ons die meeste konneksies gebou het, onder andere twee restauranteienaars, ʼn groep musikante en ‘n baie spesiale dogtertjie. Denike beskryf haar ervaring as volg:” Dis so toevalig hoe alles so mooi ingepas het, maar met ‘n purpose en in daai oomblikke voel jy so naby aan God se skepping en Sy teenwoordigheid wanneer jy by die natuur en mense is. Jy sien hoe ver weg hulle is, maar tog het God ‘n doel daarmee.”


Ons reis het ook avontuur en aksie behels! Alhoewel ons hooffokus die verspreiding van die Woord was, het die Here ons geseën met die geleentheid om Sy skepping te waardeer. Ons het gesnorkel en kon die belewenis ervaar van naby haaie en skilpaaie swem by ʼn plaaslike strand. Mnr. Morne beskryf die eiland so:” Ek dink toe God die Hemel geskep het, het van die verf op die Maldives geval.”

 

Ons het met 27 mense individue oor Jesus gesels, en hierdie 10-dae-uitreik het vir ons waardevolle geleenthede, lewenslesse en onvergeetlike herinneringe gebring.

 

 
 
 

Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page