top of page

Ons vir jou, Suid-Afrika! Is daar ʼn toekoms vir die jeug van Suid-Afrika?

  • Carien van Krieken
  • 2 days ago
  • 2 min read
Die werkloosheidsyfer onder die jeug styg, maar daar is hoop. Foto: wix.com
Die werkloosheidsyfer onder die jeug styg, maar daar is hoop. Foto: wix.com

Die jeugwerkloosheidskoers, wat jong werksoekendes tussen 15 en 24 jaar insluit, het in die eerste kwartaal van 2025 skerp gestyg tot 62,4%, vanaf 59,6% in die vorige kwartaal. Volgens Trading Economics is dit die hoogste vlak sedert die eerste kwartaal van 2022.


Vir ’n tiener in Suid-Afrika wat droom van ’n gemaklike lewe, tyd vir ontspannende vakansies en uiteindelik ’n gesin, luukse huis en motor, kan die toekoms benoud lyk. Dit klink na ’n duur ideaal, maar tog kan jongmense hoop koester en innerlike rustigheid vind as hulle glo in ’n beter toekoms vir Suid-Afrika.


Die Universiteit Stellenbosch se Besigheidskool het op 7 Desember 2022 ’n verslag gepubliseer, getiteld Werk vir jongmense in Suid-Afrika – Feite, Faktore en Toekomsvooruitsigte, saamgestel deur dr. Doris Viljoen. Volgens dr. Viljoen het jongmense in Suid-Afrika vandag beter toegang tot basiese en hoër onderwys as vorige generasies. Dit sluit die ontwikkeling van toepaslike vaardighede in, sowel as ’n groeiende vlak van ekonomiese aktiwiteit wat meer werksgeleenthede skep. Daarby maak die toenemende aanvaarding van outomatisering nuwe ekonomiese moontlikhede ’n realiteit.


Met tegnologie wat elke dag verbeter en verbreed, verander die wêreld daarmee saam. Tegnologie kan as ʼn bedreiging gesien word wat die jeug se beroep eendag sal vervang. Of, as mens deur ʼn positiewe oogpunt daarna kyk kan dit ʼn geleentheid skep om tegnologiese faktore te gebruik om bystand vir ʼn spesifieke beroep te bied.


Nicholas Nyati, DA-Jeug Interim Federale Leier, skryf op 18 Junie 2024 in ’n berig dat hoewel die jeug van verskillende agtergronde afkomstig is en daar steeds oor politieke kwessies teenstrydigheid bestaan, moet die stem van die jong geslag gehoor word. Hy beweer ook dat Suid-Afrikaners moet saam staan en die land se leiers moet ondersteun om die regte keuses te maak. Dit is die jeug se plig om  vorentoe te tree en te help om ʼn omgewing te skep waar werksgeleenthede bevorder word. Só sal groei gestimuleer kan word en menswaardigheid uitgelig word.


.


Die toekoms lê in ons hande!



Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page