top of page

Liewe Afrikaans #5

  • Nina Nieuwoudt
  • May 8
  • 1 min read
ree

Vanjaar is jy 100 jaar oud, en jy het ʼn plek in my hart wat niemand ooit kan vervang nie! Nie net maak jou woordeskat van die beste gedigte nie, maar die woorde rol so lekker van my tong af. Hoekom sal ons Engels wil praat as woorde soos “flaterwater” en “holderstebolder” in Afrikaans bestaan?


As ek eerlik kan wees met jou, jy is eintlik my wegbreek van realiteit af, soms eintlik my veilige plek. Wanneer ek treurig voel, skryf ek, en Afrikaanse woorde help om hierdie deurmekaar tienergevoelens baie mooi te weerspieël. Dis soms moeilik om gevoelens te kommunikeer as ʼn 16-jarige meisie met ʼn lae selfbeeld, maar met jou, kan ek presies skryf wat ek dink en daar sal altyd net die regte beskrywende woord in jou arsenaal wees.


Nie net help jy my nie, maar deur die jare het jy deur baie unieke stemme gepraat, soos Antjie Krog en Breyten Breytenbach, wat ons elke keer herinner hoe mooi Afrikaans eintlik kan wees, deur metafore, vergelykings, woordeskat en soveel meer. Mag jy nog baie jare voortleef in die harte van baie mense, en ons verbind as ʼn gemeenskap.


Bly jonk, liewe Afrikaans, ons het jou nog vir baie jare nodig!

Nina Niewoudt

Gr. 11

Comments


©2021 Helpmekaar. Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page