top of page

Liewe Afrikaans #2

  • Inge Vermaak
  • May 2
  • 1 min read
ree

 

My eerste woordjie, my eerste sin, my eerste toespraak en my weg die toekoms in – alles wentel rondom jou. Jy is my moedertaal, die taal van my hart, en die bron van my kreatiwiteit. Ek wil egter oop kaarte met jou speel en erken dat jy soveel meer is as net dít – jy is ’n sielvolle metgesel vir elke Suid-Afrikaner en ek wil jou hartlik bedank.

 

Jy is geskep deur ’n mengsel van verskillende tale en kulture wat Nederlands, Maleis en Zoeloe insluit. Vele nasies word gevolglik deur jou verenig en leenwoorde kan regdeur jou woordeskat gevind word. Deur jou idiome kan ons gebeure poëties uitdruk, maar terselfdertyd is jou skerp kwinkslae perfek om iemand te laat regop sit. Woorde soos “braai” en “lekker” sit altyd ʼn glimlag op my gesig. Bitterbessie dagbreek, Kringe in ’n bos, Fiela se kind en Orkney Snork nie het diep voetspore in die Afrikaanse erfenis gelaat.

 

Al sê sekere individue dat jy ’n sterwende taal is, weet ek dat dit onmoontlik waar kan wees. Jy het die hart van elke Suid-Afrikaner verower en sonder jou sou daar nie betekenis aan my identiteit wees nie. Dankie vir honderd jaar van skaterlag en onvergeetlike herinneringe.

 

Met waardering,

Inge Vermaak

Gr. 11

 
 
 

©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page