top of page
  • Leah Vivier

Hoë ideale vir die klas van 2027

Die nuwe gesiggies op die stoepe het nog die ‘wurm’-liedjie vars in hulle geheue, vind dit nou tweede natuur om te “sizzle soos bacon” en kyk nog steeds nie die matrieks in die oë nie.


Die groentjies is ontgroen en die Welpies is nou as volwaardige Helpies verwelkom. Hulle is die nuutste lede van die Helpie-volk en het besluit om Helpmekaar hul tuiste te maak. ONS PLEK het nuwe ‘onse’ bygekry.


Leah Vivier het by agt van hierdie nuwelinge gaan hoor wat hulle fondament en fokus gaan wees vir die volgende vyf jaar hier by hulle nuwe “huis” (Helpmekaar). Hier is wat hulle te sê het:




Ek gaan eerste gemaklik raak in die skool en die regte vriende maak om saam met my op hierdie journey te gaan. My fokus is om my verhouding met God sterker te maak en myself beter te leer ken. Ek wil ook doen waarvoor ek lief is.


- Esti Kotze






My fondament gaan God wees, want daar is nie enige beter

fondament nie. My fokus is om hoë punte te behaal om eendag in Frankryk te gaan studeer.



- Alexander Jeppe







Ek is baie opgewonde oor die volgende vyf jaar hier by Helpmekaar. Ek gaan my alles insit om hierdie vyf jaar ‘n groot sukses te maak – dit gaan harde werk verg. Ek staan vas in my geloof en vertrou dat die Here my sal lei om altyd my bes te gee en die regte besluite te neem. My akademie is my fokus sodat ek na skool my drome kan uitleef. Ek is trots om hierdie my “huis” te maak vir die volgende vyf jaar. Ek gaan elke oomblik en geleentheid geniet!


- Kaylin Jansen van Rensburg








Ek sal sê dat ek graag myself wil opbou in tennis vir ʼn moontlike eerstespanposisie, erekleure en ʼn wit hoodie. Ek dink dit is haalbaar, veral met baie ondersteunende ouers.


- Jonny Visagie












Ek gaan die meeste fokus op selfontwikkeling, vriendskappe bou wat eg is en dan natuurlik, akademie.


- Lize Labuschagne











Ek sien my fondament as my geloof en mag dit so bly vir die volgende vyf jaar. Ek wil altyd na God draai in moeilike tye en nader aan Hom groei.


- Ethan Wilkinson








Ek wil ‘n toekoms vir myself maak deur aan my akademie te werk om sodoende universiteitstoelating te kry. Op die sportveld wil ek hê mense moet my kan uitken vir my goeie sportsmanskap en gees. Met lewenslange vriendskappe, familie en my geloof as my basis, sal ek hierdie vyf-jaar journey kan stap. Ondersteuning is my padkaart wanneer my keuses my in die steek laat.


- Juanné Marais








My fondament is Jesus Christus en die koshuis deel dieselfde sentiment. Ek wil fokus op vriendskappe bou, nie net met my mede-koshuisbrakke nie, maar ook met die onderwysers en my koshuisouers. Sportsgewys, wil ek net rugby speel vir die genot daarvaan en as ek kan, presteer daarin.


- Enzo Fuller

Related Posts

See All
bottom of page