top of page

Hoofleiers groet met wyse raad vir moeilike tye

  • Chantlize Nell
  • Aug 29, 2023
  • 1 min read


ree
Margitte Kristein (Foto: Zia v.d. Berg)

Margitte Kristein

Jou moeilikste dae gee ruimte vir Jesus om sy goedheid te bewys en te werk in jou lewe. So moet nooit moed opgee nie, al raak dit hoe rof, want ek glo vas dat alles gebeur met ʼn doel!











ree
Lehan Kruger (Foto: Zia v.d. Berg)

Lehan Kruger

Hou jou hart hoog en weet dat daar niks is wat jou keer om wonderlike dinge te doen nie.











ree
Ezaan Husselman (Foto: Zia v.d. Berg)

Ezaan Husselman

Vra jou mede-Helpies vir hulp en ondersteuning, want daar is niemand wat so goed sal verstaan waardeer jy gaan en raad kan gee soos jou vriende wat soortgelyke uitdagings in die gesig staar nie.










ree
Lafras Beukes (Foto: Zia v.d. Berg)

Lafras Beukes

Ek sou sê dat baie mislukkings kom van mense wat nie besef het hoe naby hulle aan sukses was toe hulle opgegee het nie.










ree
Lucia Swanepoel (Foto: Zia v.d. Berg)

Lucia Swanepoel

Perspektief is alles. Vat ʼn rukkie om te dink aan hoe ver jy al gekom het, nie wat jy veronderstel is om te bereik nie.










ree
Vian Singleton (Foto: Zia v.d. Berg)

Vian Singleton

Dit help om net ʼn oomblik te neem, asem te skep, en dan reg rondom jou die mooi in die alledaagse dinge te probeer raaksien. Dan besef jy dat jy soveel het om voor dankbaar te wees, alles te danke aan die Here se genade en krag om aan te stryk.








ree
Alicia Malherbe (Foto: Zia v.d. Berg)

Alicia Malherbe

Asem in, ek kan nie, asem uit, Jesus kan.











ree
Ruan Welman (Foto: Zia v.d. Berg)

Ruan Welman

Ek sal sê: Vertrou in die Here, want Hy het klaar die perfekte storie vir jou geskryf!

 
 
 

Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page