Hoe om aan te pas met sibbe op Universiteit: Wenke vir beter verhoudings
- Emily Olivier
- Jun 27, 2025
- 2 min read
Updated: Aug 25, 2025

Verhoudings met jou broer of suster is ’n besonderse, unieke een en as jy nie ‘n sib het nie, sal jy nooit verstaan nie. Dit is die persoon wat altyd in jou hoekie sal staan, reg of verkeerd. Die persoon wat jou maag kan laat pyn van die lag. Met sibbe wat weggaan om hulle eie lewe te begin mag jy onseker voel oor wat dit vir julle verhouding mag inhou. Met my sussie wat self Tuks toe gaan, wou ek die beste manier gevind het om dié besonderse band wat ons gebou het te laat floreer. Ek het op die volgende wenke afgekom:
Hou gereelde kommunikasie. Beplan weeklikse oproepe of video-oproepe op tye wat julle albei pas. Hou gemaklik kontak deur middel van WhatsApp of sosiale media. Selfs kort boodskappies kan help om die band te behou.
Stel belang in hul lewe. Vra oor hul studies en ervarings, om opregte belangstelling te toon in wat hulle leer of die nuwe vriende wat hulle maak. Ondersteun hul stryd en vier hul oorwinnings, luister wanneer hulle akademiese of persoonlike uitdagings het en vier hulle prestasies.
Fokus op emosionele ondersteuning. Neem hulle in ag, want universiteitslewe kom met druk. Verhoed om bevooroordeeld te wees en liewer die skouer te wees op wil hulle kan huil. Laat weet hulle dat jy daar is vir hulle, selfs op 'n afstand. Wees 'n bron van positiwiteit, moedig hulle aan en motiveer hulle, of hulle nou deur eksamenstres oorweldig word of hulle nuwe verantwoordelikhede oorweldigend vind.
Van toeka tot nou en vir die afsienbare toekoms, is die verhouding wat jy met jou sibbe het die belangrikste een. Voor jy jou oë kan uitvee sit julle weer in dieselfde vertrek en om dieselfde tafel en vertel dieselfde droë grappies as te vore. Terwyl julle saam daar sit, sal jy besef dat niks tussen julle verander het nie, julle sal altyd mekaar se eerste en beste vriende bly.
Vinnige wenke om jou verhouding met jou sibbe wat op universiteit is, te verbeter
1. Hê gereelde kommunikasie
2. Respekteer mekaar se ruimte en skedules
3.Stel belang in mekaar se lewe
4. Besoek mekaar wanneer moontlik
5. Deel aktiwiteite oor ‘n afstand
6. Fokus op emosionele ondersteuning
7. Help hulle ‘n ondeursteuningsstelsel te vorm



Comments