Fokus in die klaskamer 101
- Gian Britz
- Jun 30, 2025
- 2 min read
Updated: Aug 14, 2025

Hoekom is dit van kardinale belang om jou aandag op die werk wat hanteer word te vestig?
Fokus is een van die mees algemene elemente waarmee skoolkinders sukkel. Volgens Mia Boshoff (gr. 11 top 20-kandidaat) is om te fokus nie ʼn probleem as jy reg ingestel is nie. Sy sê jy moet weet waarom jy werk en wat jy wil bereik, dan gaan jy outomaties harder werk end dus oplet in die klas.
Respekteer jou liggaam. As jy met ’n honger maag probeer fokus, gaan dit negatief uitwerk. Dieselfde geld vir wanneer jy oorversadig is. “Magies vol ogies toe,” sê Mia.
Skakel alle aandagafleiers uit. Dit sluit items soos selfone in, of dalk kan die maatjie langs wie jy sit jou fokus onderbreek.
Doen moeite om die vervelige werk interessant te maak. As jy dit vervelig vind, skakel jou kop dadelik af. Verstaan waarom elke onderwerp hanteer word.
“Dis belangrik om te onthou dat dit nie die onderwyser sê werk is om jou te laat fokus nie,” sê Henri Britz (matriek 2024, 10A’s).
Die onnies by die Bruin Reus op die Bult bied graag hulp aan as jy vrae vra en moeite doen om ʼn onderwerp te probeer verstaan. Respekteer jou onderwyser. Dit maak die klaskamer ʼn baie lekkerder omgewing en die onderwyser geniet dit meer.
Stres is gif in die klaskamer. As jou kop dwaal en jy dink oor die 20 take wat nog onvoltooid is, dan is dit onmoontlik om jou aandag op die werk te vestig. Dus moet jy vroegtydig take en mondelings probeer afhandel.
Fokus wat dwaal is nie ʼn opsie in Helpmekaar nie. As jy jou oë uitvee is die juffrou al besig met nuwe werk. Gee jou alles, hê respek vir jou medeleerders en onnies. Doen moeite en werk met oorgawe.



Comments