top of page
  • Kaitlin Scott

Eerstes tot SA’s: Helpie-sportslui blink uit

Vanaf eerstespanspelers wat domineer tot spelers vir Suid-Afrika se nasionale spanne is dié Helpies die beste van die bestes. Kaitlin Scott gesels met Luané Human (o.16) en Ruan Welman (0.18) wat in 2023 in die SA-netbal- en rugbyspanne opgeneem is.


Om die SA-netbalspan te haal, moet daar aan die Gautengproewe deelneem word waarna ʼn groep van 35 spelers gekies word. Daarna is nog twee rondtes proewe waartydens 12 leerders vir die span gekies word. Luané sê dat dit haar grootste doelwit was om die nasionale span hierdie jaar te haal. Sy sê: “Dit het onwerklik gevoel toe ek gekies is. Ek kon dit nie glo nie. Party dae voel dit steeds soos ʼn droom. Ek het so dankbaar gevoel vir al die ondersteuning wat ek ontvang het.” Volgens Luané is pre- en post-seisoen baie belangrik en sy speel twee keer ʼn week sosiale wedstryde saam met gereelde oefening by die skool, waar hulle baie kondisionering en baanwerk doen, om ingeoefen te bly. “Ek wil ʼn goeie ambassadeur vir Helpmekaar wees en ek wil graag wys waarvan ʼn Helpie-speler gemaak is,” sê Luané. Op die oomblik is die SA-spanne besig om borge in te samel om aan nasionale en internasionale ligas deel te neem.

 

Die proses om verkies te word tot die SA-rugbyspan begin by skolerugby voordat die Leeus-proewe gespeel word. Daaruit word ʼn Craven-weekspan gekies en dan die top twee spanne wat deel word van die nasionale span. Ruan sê: “Ek was baie bly toe ek die span gemaak het, want dit was harde werk.” Nes met netbal, is die pre-seisoen ook noodsaaklik vir rugby. “Ek het heel Desember (2022) lank geoefen en veral aan my gooie gewerk. Ek glo dat dit is wat daartoe aanleiding gegee het dat ek tot die span verkies is,” sê Ruan. Ruan se doel is om ander Helpies te inspireer om ook hard te werk om hulle drome te verwesenlik. Hy sê: “Ek was in gr. 8 ʼn B-span kind.” Die SA-rugbyspan gaan later in die jaar teen spanne van Frankryk en Engeland speel.

 

Comentarios


bottom of page