top of page
  • Jaiden Henning

Die vegter op die Bult

Caiden Bouwer, Helpmekaar se eie gemengde vegkuns-wonderkind gesels met Jaiden Henning oor sy sukses in dié sport.


Die sport is die toepassing van meervoudige gevegskunste om jou opponent te oorwin. Caiden se sterkpunt in die sport is Brasiliaanse Jiujitsu, dit is ʼn self-verdedigingsgevegskuns wat bestaan uit stoei en grondgevegte. Waar Brasiliaanse Jiu-jitsu van normale Jiu-jitsu verskil is dat die Brasiliaanse weergawe daarop fokus om jouself te beskerm sonder dat jy jou opponent skade aandoen. 


Sy gunstelinggedeelte van die sport is tweevoudig: eerstens die mense en tweedens die “wetenskap van die sport”. Caiden het eers in 2022 aan die sport begin deelneem en vertel dat sy twee rolmodelle, Conor McGregor en Tony Ferguson is. In 2023 neem hy deel aan die Wêreldkampioenskappe en behaal beide ʼn goue en brons medalje. Hy meen dat die belangrikste in die sport dissipline is: “Jy moet leer om hard te werk om te kry wat jy wil hê, talent is nie genoeg nie.”


Related Posts

See All
bottom of page