top of page
  • Robin Steenkamp

‘Die leerproses begin in die klas’ meen toppresteerders

Daniël Basson



Emma de Beer

Akademiese sukses gaan nie net oor intelligensie nie. Vyf presteerders in die top-20 deel hul geheime vir sukses.


Goeie beplanning is belangrik vir sukses, maar tog kan jy nie beplan watter dae jou goeie en slegte dae sal wees nie. Om dié rede, sê Inge Vermaak (gr. 10), verkies sy om eerder weekliks te beplan “wat ’n meer toeganklike wyse van beplanning is”.


Op dieselfde manier is dit ook moeilik om die tydsduur van elke leersessie te beplan, want dit verskil afhangende van die verloop van jou dag. Jy kan wel beplan wat jy in jou breek doen. Mia Boshoff (gr. 10) sê: “Ek is lief daarvoor om ’n ruk te gaan stap in my breke: die vars lug is verfrissend en ’n bietjie oefening hou ’n mens se brein skerp.” ’n Lekker peuselhappie of ’n nuwe projek is ook ’n goeie idee vir jou breek.


Nou moet jy begin leer, maar dalk is jy nie seker waar om te begin nie. Dit is eintlik heel eenvoudig: Die leerproses begin in die klas. As jy jou volle aandag gee en seker maak jy verstaan alles wat in die klas behandel word, is jy halfpad klaar geleer. Daarna kan jy breinkaarte en flitskaarte maak of die werk oor en oor neerskryf of dit hardop herhaal.


Om ou vraestelle uit te werk, is ook ’n geheim vir sukses. Daniël Basson (gr. 11) sê: “Dit is die beste manier om agter die kap van die byl te kom.” Om te leer verg baie konsentrasie, dus is die vraag of leer met musiek ’n goeie idee is. Volgens ons presteerders is ’n rustige omgewing ideal vir studeer – daarom is daar niks verkeerd met agtergrondmusiek om die effek te skep nie. Klassieke musiek of jazz help haar om te fokus, sê Thea Kotze (gr. 11).


Doret Loubser (gr. 12) se grootste wenk is haar motto: “Doen net jou bes en vertrou."

 

Related Posts

See All

Comentários


bottom of page