top of page

Die Kruger Nasionale Park se ryk geskiedenis bekoor steeds

  • Christi Lourens
  • Apr 20
  • 2 min read

Die Kruger Nasionale Park is al vir 160 jaar ʼn Suid-Afrikaanse kenmerk, meestal bekend vir die wêreldberoemde groot vyf, naamlik: Die Afrika-olifant, die luiperd, die leeu, die renoster en die buffel.

 

Die park was eers as die Sabi-wildreservaat bekend toe die hekke oopgemaak het in 1898. In 1926 is die park na oud-president Paul Kruger vernoem.

 

In 2001 het groot dele van die park groot veldbrande ervaar, wat veroorsaak is deur die biomassa van gras en hoë reënval van die vorige jaar. Op 4 September, het 24 werkers gesterf nadat ’n veldbrand hul kamp aan die brand geslaan het. Die park het ná hierdie tragedie voorbrande begin maak, en gebruik hulle tot vandag toe, maar nie net vir veldbrandvoorkoming nie. Die voorbrande gee ook kans vir die plante om nuut te groei en die ekostelsel te verbeter.

 

‘n Egpaar wat ʼn groot verskil in die park gemaak het is J.H en Eileen Orpen, waarna die Orpen-hek en -ruskamp vernoem is. J.H Orpen het in die 1930’s geld geskenk vir die bou van ‘n aantal watergate tydens ʼn erge droogte. Sy vrou, Eileen Orpen, het van die bekende Barry-familie afgestam en het verskeie plase aan die park geskenk. Tot vandag toe, word die Orpens as die Kruger se mees toegewyde weldoeners beskou.

 

Die Kruger Nasionale Park het akkommodasie vir elke tipe begroting, van luukse lodges soos die Jock Safari-lodge, tot meer bekostigbare opsies soos ʼn tentstaanplek.

 

Die Kruger is al vanaf die park se ontstaansjare een van Suid-Afrika se gewildste aantreklikhede wat elke jaar meer as ʼn miljoen toeriste lok. Verskeie mense sal vertel dat die Kruger een van die beste vakansieplekke in die land is.

 

 

댓글


©2021 Helpmekaar. Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page