Die kernredaksie vertel: Hoe lyk die wêreld oor ’n 100 jaar?
- Redaksie
- Mar 6, 2025
- 2 min read
Daniël Basson (hoofredakteur)
Ek dink oor 100 jaar sal die wêreld amper heeltemal deur outonome masjiene bestuur word. Baie van die werke wat ons tans het sal nie meer nodig wees nie en baie nuwe werke sal geskep moet word. Ek dink ook ons idees van verhoudings met mekaar gaan baie verskillend wees.
Daniel Bukes (hooffotograaf)
Ek glo oor ’n 100 jaar gaan ons as mens nie meer op die aarde wees nie. Ek glo dat oor ’n 100 gaan Jesus ons almal kom haal het. Met alles wat aangaan in die wêreld teenoor wat daar geskryf is in die Bybel leef ons self naby aan die eindtye.(Mattheus 24)
Elzette Labuschagne (bladredakteur)
In 100 jaar sal mode en tegnologie heeltemal geïntegreer wees, met klere wat aangepas kan word na gelang van die gebruiker se behoeftes en omgewing. Selfbestuurde karre en KI-assistente sal alledaagse lewe vergemaklik, terwyl die Afrikaanse taal deur digitale platforme en onderrigprogramme verder sal groei en bevorder sal word.
Karla van der Westhuysen (hooffotograaf)
Oor 100 jaar sal kreatiwiteit die wêreld vorm. Kuns, musiek en stories sal met tegnologie meng om wonderlike nuwe ervarings te skep. Skole sal nuwe idees aanmoedig en mense van verskillende kulture sal op nuwe maniere saamwerk. Die wêreld sal meer verbind wees en kreatiwiteit sal belangriker as ooit wees.
Kayla Wolfaardt (bladredakteur)
Ek dink nie ons kan voorspel waar die wêreld gaan wees oor 100 jaar nie. Geskienkundiges het geglo dat nie aarde nou al anders sou lyk en dat mense in 2025 masjiene soos vleënde karre sou hê. 2125 gaan baie anders lyk as wat enigeen van ons kan indink en dit is een van die beauties van menswees.
Thea Kotzé (Sosialemediaredakteur
As ’n mens kyk na die wêreld van 100 jaar gelede en die wêreld nou, is die antwoord eintlik eenvoudig: Die omgewing en tegnologieë verander, maar mense bly dieselfde. Ek wil glo dat mense steeds leer uit hul foute, steeds lief is vir mekaar en steeds mekaar nodig het; al lyk dit dalk anders as voorheen. Met 'n tikkie optimisme sien ek in 100 jaar mense wat ontwikkel het om in harmonie met mekaar en die wêreld om hulle te leef en menslikheid as die belangrikste algoritme behou.




Comments