top of page
  • Leah Kloppers

Carmen ken van bak en brou


Carmen Toms (gr.10) wat met behulp van Maak my ʼn miljoenêr se leiding haar eie besigheid in 2023 begin het. Dit het alles begin toe sy gaan kamp het en oor ʼn kamera begin droom het.. Gevolglik begin Carmen sjokolade brownies te verkoop. Lip-lekkend lekker, geïnspireer deur ʼn resep wat haar laerskool gebruik het om geld in te samel vir die eerste netbalspan, is die brownies ʼn groot sukses. Carmen vertel, “Ek verkoop nostalgie,” aangesien die brownies haar en kinders op haar bus herinner aan hulle laerskooldae. Van slegs een boks elke oggend op die bus, tot en met die snoepie wat dit nou verskaf, het haar besigheid in die afgelope jaar verdubbel. Eers het sy net aan haar vriende en kennisse verkoop, maar nou kan al die Helpies saam smul! “Dis vir my die lekkerste ding om mense op die stoepe met my pakkie brownies te sien!” sê Carmen. Carmen meen dat selfvertroue die belangrikste eienskap van ʼn entrepreneur is. ʼn Mens moet in jou produk glo en die nodige selfvertroue hê om met mense daaroor te praat en raad te vra.

 

Related Posts

See All
bottom of page