top of page
  • Zia van den Berg

Buspartytjies bo


Een van die vele tradisies by Helpmekaar wat jaar na jaar bly voortleef, is die berugte buspartytjies. Mieke Killian (gr. 12) meen dat “buspartytjies een van die lekkerste dinge van hoërskool is.” Alhoewel dit nie ʼn amptelike tradisie is nie, is vroeë oggend buspartytjies ʼn instelling. Dié spesiale tradisie gebeur slegs wanneer ʼn matriek op ʼn bus verjaar. Dis dan wanneer die graad 8’s die verantwoordelikheid het om peuselhappies uit hulle kosblikke te voorsien.

 

Sommige buspartytjies is beter as ander meen die Helpies. Andrea Laubscher (gr. 12) sê: “Buspartytjies op Vasstaan is op ʼn ander vlak. Almal moet ʼn Vasstaan- buspartytjie beleef.” ʼn Buspartytjie se sukses hang sterk af van hoe suksesvol die graad 8’s inkoop. Wanneer die matrieks die woorde “buspartytjie!” met entoesiasme aankondig, maak die verskeie happies hul pad terug na die agterkant van die bus, waar die matrieks gevind kan word. Stelselmatig word die peuselhappies dan aangestuur vir die volgende graad en uiteindelik arriveer dit terug by die graad 8’s waar net krummels as bewyse oorbly...

 

Al sal die matrieks min of meer enige iets eet is daar wel gunstelinge. Klein pizzas en Krispy Kreme-doughnuts bly die beste. “Buspartytjies behoort soveel kos in te sluit dat dit eers weer nodig is om ná skool te eet,” sê Vaughan Gouws (gr. 12). Natuurlik wanneer dit nog vroeg in die jaar is en graad 8’s nog onbekend met buspartytjies is, is dit wanneer dié puik bydraes tot buspartytjies gemaak word. Wanneer die graad 8’s egter besef dat buspartytjies nog vir lank nie verby is nie, kan suigstokkies en aartappelskyfies eerder verwag word vir ʼn buspartytjie.

 

 

Related Posts

See All
bottom of page