top of page
  • Simonne van der Vyver

"Boeremusiek bo," sê Kevin

Kevin Olckers (gr. 10) 2022 se Helpies Got Talent–wenner , het sopas die Afri-Indie-toekenning vir die beste boeremusiek-album, Helpmekaar gewen. Hy vertel vir ons ‘n bietjie meer van sy ondervinding en toekomswense:

Foto: Verskaf

Wanneer het jy boeremusiek leer speel en hoekom het jy dit gekies?

Ek het boeremusiek regtig leer ken by my pa en oupa. Ek het dit geleer speel, want ek hou van musiek, nie noodwendig ‘n sekere tipe musiek nie, maar net musiek oor die algemeen. Dit was in my opinie die regte tyd en plek vir die CD.


Wat stel jy voor vir iemand wat graag boeremusiek wil leer speel?

Harde werk, aanhoudende oefen en onthou dat daar niemand is by wie jy nie iets kan leer nie.


Watter instrumente bespeel jy en het jy planne vir nog ’n album?

Ek sing, speel tromme, kitaar en die konsertina. Ek is besig om aan my oorspronklike enkelsnitte te werk, so daar is beslis nog ’n kans vir ’n album.


Hoe het dit vir jou gevoel om daardie groot toekenning te wen?

Dit het gevoel soos ʼn droom, want ek het gedink dit gaan nooit gebeur nie en toe is ek verbaas en opgewonde. Dit was ongelooflik.


Related Posts

See All
bottom of page