top of page
  • Marcus Ballot

Aandele 101: skep vroegtydig ʼn spaarkultuur



Die besluit om aandele in ʼn maatskappy te koop is ʼn goeie manier om jou geld te belê en om solank ʼn finansiële profiel te begin opbou. Dit kan dalk oorweldigend klink, maar dit is eintlik baie eenvoudig om van vroeg af ʼn spaarkultuur te ontwikkel.


Op forbes.com word die stappe om aandele te koop, uiteengesit. Die eerste stap is om ʼn makelaarrekening oop te maak wat jou in staat stel om aandele te koop en te verkoop. Daar is baie makelaarsfirmas om van te kies en almal bied verskillende hulpmiddels teen verskillende fooie aan. Deur vinnige navorsing te doen kan jy die beste makelaarsfirma vir jou begroting en behoeftes vind.


Die tweede stap is om geld in die rekening te plaas. Jy kan dit d.m.v. elektroniese fondsoorplasing doen vanaf jou rekening na die makelaarsfirma se toepaslike rekening. Sodra daar fondse in jou rekening is, kan jy begin aandele koop.


Die derde stap is om navorsing te doen voordat jy begin aandele koop. Analiseer die besigheid waarin jy belangstel om te belê se finansiële prestasie. Kyk na aspekte soos hulle inkomste, skuld en enige relevante finansiële maatstawwe. Finansiële webtuistes soos Yahoo Finance of CNBC kan daardie informasie bied.


Die vierde stap is om uiteindelik die aandele te koop. Jy moet besluit hoeveel aandele jy wil koop en teen watter prys. Jy kan ʼn bestelling plaas vir ʼn spesifieke aantal aandele teen ʼn spesifieke prys, of jy kan ʼn markbestelling plaas wat die aandele teen die huidige markprys sal koop.


Om van vroeg af ʼn spaarkultuur te ontwikkel hoef ook nie so ingewikkeld te wees nie. Volgens ramseysolutions.com is een van die mees praktiese en beste maniere om te begin spaar om dit outomaties te doen. ’n Persentasie van die geld wat jy verdien moet ongetwyfeld in ʼn aparte spaarrekening geplaas word. Gaan kyk gerus na Ramsey se webtuiste vir meer inligting.


Die aankoop van aandele en om van vroeg af te leer spaar sal jou ʼn goeie fondasie gee vir ʼn sterk finansiële toekoms.

bottom of page