A+ vir ATKV-oorde
- Adam Korb
- Aug 13
- 1 min read

Die ATKV het sewe vakansie-oorde regoor die land. Elke oord natuurlik teen ’n billike prys en met ʼn verskeidenheid akkommodasie-opsies wat elke sak sal pas. Klein Kariba is volgens my beslis die beste van die oorde. Klein Kariba bied vele aktiwiteite aan om jouself deur die dag mee besig te hou Hulle het vroeg die oggend en teen sononder ’n wildrit waar jy al die mooi diere van SA kan sien. Hulle het putt-putt-bane en ’n glip-en-gly-baan. ’n Warm en koue swembad is daar natuurlik ook! Klein Kariba het selfs hul eie klein gholfbaan en tennis- en netalbane. Daar nog vele meer aktiwiteite en kompetisies deur die loop van die dag – veral gefokus op die jonger gaste – wat dit ʼn perfekte familiebestemming maak. Daar is heerlike snoepgoed te koop en die winkeltjie op die perseel is goedtoegerus. Ek stel voor jy bespreek vir jou ’n paar aande in Desember as dit die lekkerste daar is.
Ek kan met oortuiging sê dat Klein Kariba ’n fantastiese vakansieoord is vir alle mense om te besoek. Daar is ’n bekende gesegde wat lui: Spyt kom te laat. So bespreek nou vir jou ’n woonstel, huisie of rondawel, voor spyt jou gaan beetkry!
コメント