Wen jou eksamens met diƩ wenresep
- Johard Venter
- Jun 6
- 1 min read

Eksamen is vir baie van ons soms Å oorweldigende tydperk van stres en angs, maar met behulp van die regte tegnieke, kan jy tyd spaar en slimmer leer. Deur effektiewe studiemetodes te gebruik, vermy jy tydmors en onthou jy belangrike inligting makliker. Hier is vier maniere om jou leerproses te verbeter:
Gebruik aktiewe herroepingĀ
Moenie net jou notas oor en oor lees nie, vra jouself vrae oor die werk en probeer dit uit jou geheue oproep. Beantwoord oefenvraestelle sonder om na jou notas te kyk. Dr. Henry Roediger sĆŖ: āToetse assesseer nie net wat ons weet nie, maar verander dit, wat latere behoud van informasie verbeter.ā
Pas die Pomodoro-tegniek toeĀ
Studeer in siklusse van 25 minute met kort pouses van vyf minute tussenin. NĆ” vier sulke siklusse, neem jy Å langer pouse van 15 tot 30 minute. Dit help om jou brein vars te hou en verhoog jou produktiwiteit.
Maak visuele sketseĀ
Diagramme, breinkaarte en prentjies help om komplekse konsepte makliker te verstaan. Kleure en patrone maak dit makliker om inligting vinniger te onthou.
Verduidelik dit aan iemand andersĀ
As jy iets in jou eie woorde aan Å vriend of familielid kan verduidelik, bewys dit dat jy die werk regtig verstaan. Hierdie tegniek help om gapings in jou kennis te identifiseer en te verbeter.
Gebruik hierdie tegnieke om slimmer en doeltreffender te leer. Met goeie voorbereiding kan jy jou eksamen met selfvertroue aanpak en groot sukses vanjaar behaal!
