Reinhardt de Wet (gr.12) en Mia Ludik (gr.11) was twee van die finaliste in die 2022-Maak my ʼn Miljoenêr-kompetisie en in 2023 gaan hulle besighede net van krag tot krag. Chantlize Nell het met hierdie ontluikende entrepreneurs gesels.
De Wet, stigter van Wholly Bakery, vertel dat hy dié kompetisie gesien as die ideale geleentheid om sy besigheid op te bou. Die besigheidsgogga het hom behoorlik gebuit en hy dink selfs daaraan om ʼn voltydse entrepreneur te word aan die einde van sy matriekjaar. Sy wenk vir enige toekomstige entrepreneurs is om prioriteite te stel, en om te besluit wat belangrik en noodsaaklik is. “Om vir jouself en jou besigheid 'n doel te visualiseer is deurslaggewend. Dit sal jou help om gemotiveerd te bly.” Hy sê ook dat dit goed is om te beplan, maar daar kom ʼn punt waar daar net begin moet word.
Ludik, die inspirasie agter Eora Designs, vertel dat tydsbeplanning vir haar baie belangrik is en om die besigheid se finansies goed te bestuur. Sy sê, “Jy sal nooit weet of dit ʼn sukses sal wees tensy jy probeer nie. As jy misluk probeer weer.” Alhoewel die besigheid slegs deeltyds is, het sy besef dat die bestuur van haar besigheid iets is wat sy geniet. Vir haar is haar familie haar grootste ondersteuningsbasis, wat dadelik ingryp wanneer dinge oorweldigend word.
Comments