top of page
  • Abigael Barnard

#Lists: Vyf kunswerke waarvan álmal moet weet


Meisie in Kuns Galery (Foto: Verskaf)

Miskien dra jy Keith Haring of ’n Jean-Michel Basquiat T-hemp van Cotton On (al kan jy nie hulle name uitspreek nie). Of dalk sukkel jy om stokmannetjies te teken en weet nie eers hoe om museum of galery te spel nie. Hierdie lys van vyf kunswerke waarvan álmal moet weet is vir jou, diegene wat Typo-notaboeke met Picasso-prentjies op koop én die kunsklubleerders.


1. The Fountain (1917) deur Marcel Duchamp



Die “invloedrykste kunswerk” is volgens ’n opname deur leiers in die kunswêreld, ’n toilet…


The Fountain (1917) deur Marcel Duchamp wat ’n toilet as “R. Mutt” onderteken het en dit op ’n staander geplaas het as ’n ReadyMade. “As ek dit kuns noem, is dit kuns,” het hy gesê. Hy was dié rebel van die kunswêreld. Hy het selfs ’n bokbaardjie op die Mona Lisa geteken en dít kuns genoem.



2. The Last Supper deur Leonardo Da Vinci



The Last Supper deur Leonardo Da Vinci beeld Jesus se laaste ete met die dissipels uit.

Dié kunswerk het onlangs weer aandag getrek toe ’n Kunsmatige Intelligensie (KI)-weergawe van hierdie kunswerk vroeg in 2023 op Twitter gepubliseer is en 10,3 miljoen mense op gereageer het.



3. The Scream (1893) deur Edvard Munch

The Scream, Edvard Munch

Selfportret: Edvard Munch

The Scream (1893) wat gebaseer is op kunstenaar Edvard Munch se ervaring van ’n angsaanval in 1892 is derde op die lys. Selfs kunstenaars wie se werk nou vir $120 miljoen verkoop word, word nes ons angstig en benoud.



4. Remembering (2009) deur Ai WeiWei




Ai WeiWei se installasiekunswerk, Remembering (2009), in München, Duitsland handel oor die Sichuan-aardbewing van Mei 2008. Die grootskaalse installasie sluit 9 000 skooltasse in. In een van die boodskappe van een van die slagoffers se ma’s skryf sy: met die boodskap wat ’n slagoffer se ma vertel: “Sy het gelukkig gelewe vir sewe jaar,” in Chinese letters. Sy was een van 80 000 Chinese, waarvan die meeste skoolkinders was wat in aardbewing gesterf het.



5. Mary Sibande se werk, They don’t make them like they used to (2010)


Mary Sibande, They don’t make them like they used to


ONDER: Sibande se 'Long Live the Dead Queen' in die middestad van Johannesburg, naby Helpmekaar Kollege tydens die megageleentheid van die 2010 FIFA Sokker Wêreldbeker.

Die Suid-Afrikaner, Mary Sibande, se werk – They don’t make them like they used to in die reeks Long live the dead queen (2010) is laaste op die lys. Haar bekende karakter, Sophie, is die kunstenaar se alter ego wat met haar kleredrag van ’n bediende in ʼn Victoriaanse styl uitgebeeld word. Dit lewer kommentaar oor hoe swart Suid-Afrikaanse vroue se identiteit selfs ná Apartheid steeds deur die ou stelsel beïnvloed word. Dit is onbekend vir wie Sophie die Superman-kleed maak: vir haarself of vir die volgende generasies?





Related Posts

See All
bottom of page