top of page
  • Carien van Krieken

Suné vind vreugde op die tennisbaan



Suné Thomas (gr.10) speel tennis vir Helpmekaar se tweede span. Suné het tennis begin speel toe sy nog baie klein was, en sedertdien speel sy haar hart uit. Carien van Krieken het met haar gesels.

 

Hoe het jy eers begin om van tennis te hou?

Ek het van tennis begin hou toe ek nog ʼn jong dogtertjie was en my eerste wedstryd gewen het. Die adrenalien en die vreugde toe ek gewen het, het my geïnspireer om aan te hou tennis speel

 

Wat is jou gunstelingtennistoernooi om na te kyk?

My gunstelingtoernooi moet Wimbledon wees, want ek hou van die reëls en orde by dié toernooi soos bv. dat almal in wit moet speel en die gras tennisbane lyk altyd baie netjies en afgerond.

 

Kan jy ʼn spesifieke oomblik deel wat jy as besonders in jou tennisloopbaan beskou?

ʼn Besonderse oomblik in my tennisloopbaan sal beslis my eerste toernooi weg van die huis af wees. Daardie gevoel dat ek nou op ʼn onbekende terrein buite my gemaksone moet presteer gee my ʼn sin van volharding. 

 

Hoe handhaaf jy ʼn balans tussen skoolwerk en jou toewyding aan tennis?

Ek kry die balans tussen tennis en skoolwerk maklik gebalanseer deur my so te beplan dat ek genoeg oefentyd sowel as leertyd inkry.

 

Hoe berei jy jouself voor op ʼn wedstryd?

Om my voor te berei voor ʼn wedstryd raak ek rustig deur te bid en om myself te herinner dat ek dit net moet geniet.

 

 

Related Posts

See All

Comments


bottom of page