Toue, harnasse en hoë hoogtes…Suid-Afrika Rotsklim-kampioenskappe, hier kom ons! Luther Bakkes, ʼn gr.9-leerder deel gretig van sy rotsklimervaringe.
Kan jy ʼn paar van jou gunstelingrotsklimbestemmings met ons deel en verduidelik waarom dit spesiaal is?
Bronkhorstspruit Crag is vir seker een, want daar is meer as 90 roetes vir alle klimmers! En dan natuurlik CityRock Johannesburg waar ek die meeste van die tyd oefen; dis ook waar ek begin klim het. ʼn Tweede huis vir my.
Sal jy met rotsklim ná skool aanhou en waarom?
Beslis! Vir my is dit die beste manier om te ontspan na ʼn lang en stresvolle dag. Dis nie net so met rotsklim nie, enige ander sportsoort help jou om te ontlaai. Boonop daag die rotse jou uit om fiks en sterk te wees.
Watter sportster inspireer jou en wat leer jy die persoon?
Ek kyk op na Alex Honnald. Hy het Yosemite El Capitan (1.3km. hoog) sonder ʼn tou en harnas geklim! Dit het my geleer dat as jy jou kop op iets sit, jy hoë hoogtes – letterlik en figuurlik – kan bereik. Glo dit. En byt vas.
Comentarios