top of page

Proe die soet van Italië

  • Robin Steenkamp
  • Apr 20
  • 2 min read

Wix generated image
Wix generated image

Om la dolce vita – die lieflike lewe – te ervaar, was my doelwit toe ek ‘n vakansie na Italië aangepak het. Dié asemrowende land het nie teleurgestel nie. Van die ou ruïnes van Rome na die pragtigste kerke in Florence tot die betowerende kanale van Venesië, was my reis deur Italië so reg uit ‘n sprokiesverhaal.


Smal strate, omring deur ou geboue en klein restaurante. Antieke ruïnes om elke draai, met historiese kerke wat jou mond laat oop hang. Die geskiedenis onder jou voete, terwyl jy die Colosseum besoek en die rustige gondelrit deur die kanale van Venesië. Dit alles vorm die atmosfeer van Italië – ‘n simfonie van kalmte, skoonheid en tydloosheid.


Die elegante, katolieke kerke is ’n groot deel van Italië. Met oor die 20 000 kerke, behels elk ‘n streng kleredrag, van toe skouers en knieë. In die gemiddelde 40°C somerweer, moet dit steeds gerespekteer word. Daar is tog oral skoon, gratis waterfonteine vir die publiek. Rome alleen het ongeveer 2 000 water fonteine, waarvan die Trevi-Fontein die bekendste is. Om lang rye te vermy, is dit noodsaaklik om kaartjies te bespreek, na aantrekkings soos die Kolosseum, die Vatikaan en die Accademia Gallery, om die bekende David-standbeeld te sien. Dagtoere is ook ‘n wyse manier om te verseker dat jy die meeste kan sien en doen. Daar is verskeie toere na Pompeii, die Skewe Toring van Pisa asook wynproe in Toskane.


Italië is vol ryk geskiedenis en ‘n oneindigheid van dinge om te doen, wat jou vir seker in verwondering sal laat. As dit nie genoeg is om jou te oortuig nie, dan moet die kans om plaaslike Italiaanse gelato en pizza te proe jou stuur om jou tasse te pak. Gaan en ervaar la dolce vita in Bel Paese – die pragtige land, Italië.

 

Comments


©2021 Helpmekaar. Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page