top of page

Ontdek nuwe wêrelde op die duiktoer

  • Carla Nel
  • Sep 6, 2023
  • 2 min read

Carla Nel wou by leerders wat die duiktoer meegemaak het uitvind hoe hulle die belewenis sou beskryf.

Foto’s: Zia van den Berg


ree

Fionn Strohmenger (gr. 10) Dit is 'n besondere ervaring, een wat elke Helpie moet beleef. Die duiktoer was soveel pret, herinneringe wat 'n leeftyd sal hou en ondervindings wat my lewe sal bevorder.




ree

Jessica J. Van Rensburg (gr. 10)

Die duiktoer is een wonderlike avontuur en besonderse tyd: ons swem, ons speel speletjies, ons leer mekaar beter ken, ons ry laatnag strand toe en ons sien asemrowende seediere onder die water - diere wat jy nog nooit van tevore gesien het nie. Wees maar net versigtig vir die apies wat jou pannekoek wil steel!





ree

Dylan Vermeulen (gr. 11) 'n Tyd waar jou uitkyk op die lewe verander. 'n Tyd saam met werklike familie.


ree

Mia Nel (gr. 11) Die duiktoer was 'n ongelooflike ondervinding gevul met spesiale oomblikke en herinneringe. Dit was 'n toer vol lag en sonskyn en daar was nooit 'n vervelige oomblik nie.




ree

Richard Steenekamp (gr. 11) Fris en vars. Ek het gevoel soos Barbie op Malibu beach.



ree

Reinhardt de Wet (gr. 12) 'n Onvergeetlike belewenis waar jy nuwe vriende maak en wat definitief 'n moet-doen is by Helpmekaar. Dit is 'n plek waar 'n mens heeldag ontspan, saam kuier en lewenslange herinneringe maak.



ree

Anke Kelbrick (gr. 12)

ʼn Onvergeetlike (onderwater!) avontuur. Jy swem met dolfyne, duik met haaie, tackle branders en kuier die aand om in tente.



ree

Albert Terblanche (gr. 12) Die duiktoer was die lekkerste Helpmekaar-toer waarop ek nog ooit was! 'n Mens het hope vryheid, dis lekker gesellig en Sodwana is seker die mooiste plek in Suid-Afrika.




Comments


©2025 Helpmekaar Kollege.

Ontwerp deur MJ Scholtz

bottom of page