Hoe om ʼn goeie verhouding met die Here te bou
- Wian Wilson
- Apr 20
- 2 min read

Pastoor Steven Furtick, van Elevation-kerk, het een Sondagoggend gepreek en gesê: “Net omdat mense jou in die steek laat, moenie opgee op God wat nooit sal nie.” Hy het gepraat van hoe ʼn persoon nooit moet opgee in die Here nie, veral as iets slegs of onaangenaam in jou lewe plaasvind. Alhoewel Pastoor Steven meestal na volwassenes verwys het, het hy ook verwys na die jeug in ons wêreld.
Vandag se studente gebruik deesdae die verskoning dat hulle “nie tyd het” om te bid of hulle Bybel te lees nie. Fevet Ibrahim, ʼn tweedejaar-voorgraadse student wat drievoudige grade in biochemie, neuro-wetenskappe en filosofie by die Universiteit van Washington studeer, sê dat daar vier maniere is om ʼn verhouding met God te groei as ʼn student:
In die eerste plek deur jou “gedagtes en optrede te prioritiseer”, as jy nie duidelik is oor jou prioriteite nie, dan sal jy ʼn slagoffer wees van watter gedagte ook al in jou kop val.
In die tweede plek noem hy dat jy jou met aanbidding en dankbaarheid moet begin. Dink aan wat Christus vir jou gedoen het, aan die kruis en in Sy lewe, en bedank en aanbid Hom, want Hy is goed.
Derdens, “soek om te dien, moenie gedien word nie”, help ander op elke manier wat jy kan, toon liefde en geduld in elke interaksie met ander.
En laastens, “doen dit alles tot die eer van God”, as jy studeer, ʼn sport speel of ʼn gedig lewer, doen dit tot die eer van God. Wat ons doen maak minder saak as die rede waarom ons dit doen.
·Jy kan meer van Pastoor Steven Furtick hoor op Youtube en Spotify, en meer van Fevet Ibrahim se berigte lees by studentsacelife.com en meer van God se woord hoor en leer in jou Bybel.
Comments