top of page
  • Almay Erasmus

Getroud met funksies: Só verrig egpaar wondere




Die ‘Dior Darling’-tema vir Modeparade 2024 is by die lughawe in Rome in die Sophia Loren-restaurant gebore.



Oom Chris en me. Linda van Niekerk, is al die afgelope dekade die breinkrag agter Helpmekaar se indrukwekkende funksies. Dié egpaar bekend vir harde werk en briljante idees as dit kom by Helpmekaarfunksies soos die Gholfdag, Welpie-inhuldiging en die Modeparade.

Van beligting tot, dekor, dansers en verversings - die Van Niekerks en hul span het alles onder beheer. Hulle erken dat hulle soms koppe stamp, maar dit gaan nie oor wie die argument wen nie. Dit gaan oor die groter prentjie. Daar was wel naelbyt-oomblikke toe 'n verskaffer hulle twee ure voor die Modeparade in die steek gelaat het.


Die Van Niekerks het vinning met 'n plan vorendag gekom om steeds van die gereg 'n sukses te maak. Die Taiwannese broodjies met garnale en Sjinese sous is tot vandag toe nog 'n treffer.


 Wanneer hulle 'n groot funksie aanpak, waardeer Oom Chris me. Van Niekerk se eerlikheid - “al pyn dit”. Me. Van Niekerk sê weer “Chris se passie vir wat hy doen en glo” is vir haar 'n mooi eienskap. Modeparade 2024 is baie na aan die Van Niekerks se harte. Vandat die tema gebore is, het die reëlings gemaklik in plek geval. Hulle droom het 'n werklikheid geword.


Soos baie weet, is die kos wat bedien word uit die boonste rakke. Oom Chris vertel dat hy sy inspirasie vir disse uit kookboeke en op die internet kry. Hy besoek ook gereeld gourmet-restaurante. Oom Chris is soms verantwoordelik vir die temas van funksies. “Modeparade 2024 se inspirasie is by die lughawe in Rome in die Sophia Loren-restaurant gebore en Oom Chris het dit verfyn tot Hello Darling,” vertel me. Van Niekerk. Haar verantwoordelikheid is die algehele beplanning en samestelling sodat 'n funksie glad kan verloop. Sy is 'n vrou van vele talente en die verpersoonliking van sukses.


Die dryfkrag agter die beplanning van so 'n funksie is om vir gaste 'n proe-, kyk- en beleef-ervaring te gee wat vir altyd onthou sal word. Dit behels menige slapelose nagte, fyn beplanning en aaneenlopende lysies om 'n funksie soos 'n goed geoliede masjien te laat werk. Me. Van Niekerk sê: “Ons komitee is 'n wenspan.” Sy verwys na hulle as die A-span. Die modeparadekomitee bestaan uit die kombuispersoneel en Me. Liezel Bach, Me. Arliene van Wyk, Mnr. Louis Botha, Mnr. Colin Gainsford, Me. Nicolene Pienaar en die kreatiewe Mnr. Eghard Basson.


Die Van Niekerks sê spanwerk is die geheim van sukses. Al is dit nie altyd maanskyn en rose agter die skerms nie, word daar soveel mooi herinneringe gevorm waarvan elke helpende hand deel is. Die paartjie wys nie net hul liefde vir mekaar deur hul harde werk nie, maar ook die liefde vir dit wat hulle doen.

 

 

Kommentare


bottom of page