Dit is ʼn daaglikse gebeurtenis waar skapies hulle primêre doel in die lewe uitvoer —
om te volg. Herders is hulle aanwysers, dus weet hulle in watter koers om in te vaar.
In die geval waar Helpies as skapies gesien kan word, wat is dit dan wat ons volg?
Die geraas van die buurskool se manewales? Die reuk van die onderwysers se
middagete op ‘n Vrydag? Die rooksein van mamma wat jou nie oor die selfoon in die
hande kon kry nie?
Nee, ons volg iets wat ons gemoed, dag en skoolloopbaan bepaal: ‘n Kompas met
jou naam op gegraveer en jou eie persoonlike padkaart in blokkies — ons roosters.
Mnr. Eugene Marais, is ʼn kenner van roosters aangesien hy dit vir 20 jaar van die 21
wat hy hier by Helpmekaar is, doen. Volgens mnr. Marais begin die proses by die
vorms wat die leerders moet voltooi. Dan behartig mnr. Klaus Köning en die
graadhoofde die statistiek van vakkeuses, die hoeveelheid onderwysers benodig en
krisisbestuur. Mnr Eugene beskryf dit só: “Mnr Köning werk alles uit in sy kop, met
behulp van die graadhoofde en skryf dit neer op velle papier. Dié proses neem
weke.”
Mnr. Marais en Meneer Colin Gainsford het dan die reuse taak om die
rofwerkroosters van elke leerlinge in die skool in die SMART-program, in te voer.:
“Helpmekaar het baie komplekse roosters omdat daar geen beperkings op
vakkombinasies is nie en plek vir agt periodes gemaak word.” Dit lyk darem asof dié
program die opstel van roosters baie vergemaklik, maar daar kan afgelei word dat dit
soos ‘n tipe ekosisteem funksioneer — veranderinge kan botsings veroorsaak.
Commentaires