top of page

Bron van trots



Die woord “helpmekaar” word deur die ver-klarende Afrikaanse woordeboek gedefinieer as “onderlinge hulpvaardigheid”. Al is hierdie definisie redelik akkuraat, beskryf dit slegs ʼn gedeelte van wat deur generasies Helpies en vriende van Helpmekaar ervaar word. Vir my is Helpmekaar meer as net ʼn woord... dit is ʼn gevoel, ʼn familie en ʼn leefwyse.


Helpmekaar Kollege, Die Bruin Reus op die Bult, is waar drome gekweek en gestimuleer word, waar vriendskappe soos dié in storie-boeke gevorm word en waar herinneringe gebou word wat meer as een leeftyd plesier sal bring. Hier is waar elke individu leer om wyd te dink en nie net te aanvaar nie, maar ook om die klein dingetjies in die lewe te waardeer.


Soos ʼn mens deur die gange van die legendariese gebou stap weet jy, jy is deel van jare se geskiedenis. Jy hoor die stories van baanbreker Helpies wat jou net verder aanhits om ook jóú stempel af te druk. Met puik onder-wysers wat elke kind se droom raaksien en saam met hulle droom, tesame met logistieke en administratiewe personeel, omsingel hierdie wonderlike plek elke kind met liefde, aanvaarding en hoop.


Helpmekaar se hartklop lê in elke Helpie en elke persoon wat deel vorm van sy bestaan. Dit lê in die stemme op die paviljoen tydens Interhoër, in die trotse trane wanneer die Buin Trui deur die tonneltjie hardloop, in die op-tredes van ons kultuurdiere, in die glimlag van elke kind en, danksy die Helpie-Flitse, ook in die woorde wat in die koerant verskyn.


Dit is ʼn absolute voorreg om deel te wees van ʼn koerant wat ʼn kans kry om die hartklop van Helpmekaar vas te vang. Dit gee my die ge-leentheid om myself te kan uitdruk, maar ook om die spesiale gevoel te verwoord wat jare lank al uniek aan Helpmekaar is.


Op een honderd jaar se tradisies, baanbrekers, onderwysers en herinneringe. Mag Helpme-kaar sterk bly staan en voortdurend aanlas tot die onbreekbare Helpie-ketting.


Veels geluk, Helpmekaar Kollege!

Megan Saaiman, redakteur 2021.

Related Posts

See All
bottom of page