Die groentjiekonsert was weereens 'n reuse sukses. Die Welpies het beslis hulle staal gewys in Borrel Borrel geïnspireer deur die alombekende The Little Mermaid en geskryf en geregisseer deur Zoe Marais (gr. 12). “Ons graad 8-tema was ‘onder die see’, so ek het my inspirasie daarvan gekry,” vertel Zoe.
Borrel Borrel, handel oor Ella, ons eie Ariel, wat graag na Hoërskool Ligtoring toe wil gaan. Die enigste probleem is natuurlik dat sy vinne het in plaas van voete, asook 'n pa wat tog te bang is vir die wêreld se gevare, soos die jagende busse! Ella oortuig haar pa, Koning Koraal, dat die mense-wêreld nie so boosaardig is as wat hy dink nie, al moet sy verskeie uitdagings soos katterige meisies oorkom.
Ella neem ons op ʼn reis van avonture en die vis(!)skriklik baie grappies laat jou skater van die lag. Met karakters soos Ella, Koning Koraal, Flouder en Spongebob was daar beslis nie ʼn vervelige oomblik nie. Die liedjiekeuses sowel as die choreografie van die graad 12-dramaleerders was uit die boonste rakke. “Dit was 'n baie lekker ervaring,” vertel Hugo van Staden (gr.8). Jaiden Henning (gr.12) sê “Dit was fantasties en vol passie. Iets wat ek definitief weer sal wil kyk.”
Met ʼn waardevolle les dat elkeen van ons ʼn plekkie het en ʼn liggie wat iewers moet skyn as jy net braaf genoeg is om die stormsee te oorwin, eindig die konsert. Ons weet die Welpies gaan elkeen soos ʼn vis in die water tuis wees by Helpmekaar Kollege.

コメント