top of page
  • Gian Britz

Avontuurlus dryf Maak My ’n Miljoenêr-entrepreneur

Terwyl baie Helpies gedurende die reses slap gelê het, het Tommie Opperman (gr. 9) ’n stalletjie by die ATKV Klein-Kariba-oord opgeslaan om te kyk hoeveel produkte hy in ’n sekere tyd kan verkoop.


Dié uitdaging was deel van die Maak My ’n Miljoenêr Entrepreneur van die Jaar-kompetisie vir jong Hoërskool entrepreneurs, wat deur Albert van Wyk aangebied en, vanaf 28 Augustus 2024,  VIA TV Kanaal 147 uitgesaai word.


Nadat Tommie vir Maak My ’n Miljoenêr ingeskryf het, het hy ’n geleentheid raakgesien: Hy kan energiedrankies teen ’n redelike prys aankoop en by die skool se snoepie verkoop. Dit het nie uitgewerk nie, maar jy kan T.E.D (Tommie Energy Drinks) se produkte wel by Spar en sekere Checkers-takke kry.


Tommie sê Maak My 'n Miljoenêr is ’n lekker, goed georganiseerde en opwindende kompetisie. “Dit gee jou blootstelling aan hoe dit sal voel as jy eendag, as ’n grootmens, jou eie besigheid wil oopmaak.”


Sy gunstelinguitdaging is die Brandbank. “Dit is wanneer jy op ’n rooi bankie sit en Albert vir jou vrae vra oor jou besigheid. Dit was ’n lekker uitdaging want jy kry kans om jou kennis oor jou besigheid en industrie te deel,” sê hy.


Tommie het die droom om eendag ’n avontuurlustige lewe te leef. Daarom wil hy nou, in sy tienerjare, hard werk en soveel tyd as moontlik daaraan spandeer om sy besigheid te groei. Hy wil eendag die wêreld kan toer en nooit bekommerd hoef te wees oor finansies nie.

Besoek Tommie se Instagram-blad: 

Comentarios


bottom of page